Leer hom ken


Ek is n Pretorianer vanaf geboorte en bly huidiglik in Newlands – my huis is gevul met 3 honde en my 2 prinsessies. Ek is baie lief vir hierdie plek! :-)


Bloubul is die antwoord!  Nee laggende, daar is baie meer, Pretoria is vir my soos ‘n stad maar tog ‘n plattelandse gevoel.  Ek sal Pretoria vir geen ander stad verruil nie.  Dit is ‘n sonligstad!!


Ek het al op agtjarige ouderdom begin tromme speel. Op 18 jaar het ek begin sing en baskitaar gespeel. In die jare 80 het ek en my orkes, B-Sharp (later DUSK met Steve Hofmeyr as die hoogsanger), regoor die land getoer.  Ek het ook later as baskitaarspeler en agtergrondsanger vir Steve op sy landswye toere ondersteun..


Dat ‘n mens altyd optree waar mense ietsie vier en gelukkig is! Dis n voorreg om my passie te deel met mense wat dit geniet!

Ek ondersteun graag versoeke om ‘n verskil te maak in mense se lewens en my sang as bydrae te gee.  Ek het ‘n sagte plek vir “ou mensies” en kinders.  Ek tree nou einde Nov by ‘n ouetehuis op en in begin Des by ‘n kinderhuis.  Ek hou self ook ‘n konsert begin Desember om ‘n verskil te maak in iemand spesiaal  se lewe om geld in te samel vir hul mediese kostes.  Hierdie tyd van die jaar is waar ons as musikante regtig ons passie met mense kan deel.


Ek is ‘n geskeide pappa en is bevoorreg om my lewe met my 2 dogtertjies, Angelene en Marlene te geniet.   My liedjie op my album, saam met my kinders is regtig ‘n manier waar ek getuienis gee vir enige “enkel-ouer”, of eintlik vir enige ouer!


Hhhmmmm laat ek dink, aangesien ek ‘n “bachelor” is en ‘n musikant op die pad– moet ek bieg, is kosmaak nie my beste talent nie.  So ek sal moet sê “ MacDonalds” se resepte is dalk my gunsteling en na ‘n optrede bly dit darem lekker.  En as ek by die huis is – geniet ek ‘n lekker braai!  Iets vining en lekker.


Passievol

Ek is besig om myself te leer om “elektiese kitaar” te speel.  Ek is ‘n baskitaar speler maar sal graag self elektriese kitaar wil speel.


Ek spandeer so veel moontlik tyd met my dogtertjies en kuier graag om ‘n braaivleis vuurtjie saam met ware vriende!  Ek is ook ‘n ware blou bul ondersteuner en kyk graag rugby.


Lekkerrrrrrr!!!!!!


om die Musiek wat jy doen te kan geniet en in te glo…

Om nederig te bly en te onthou wie by jou gestaan het voor  jy die leer na bo geklim het.


Niks anders as sing nie – ek lewe vir musiek!


Ja, maar sal definitief dit weer voltyds wil doen


Die bedryf is baie meer kompeterend…… Daar is baie meer geleenthede vir die jeug in die bedryf!

Volg jou drome na, en moenie moed opgee al raak die “bedryf” moeiliker. Glo in