Biografie


    Een van Suid-Afrikaanse musiek se “pioniers”, ‘n dromspeler en baskitaarspeler wat al die afgelope bykans dertig jaar sy merk gemaak het. En nou, as solokunstenaar, is Ralph Michielsen oorgehaal om die treffersparades met sy poprock-album, Die Een, te bestorm.

    Ralph het al op agtjarige ouderdom begin tromme speel. Op 18 jaar het hy begin sing en baskitaar speel. In die jare 80 steek hy en sy orkes, B-Sharp (later DUSK met Steve Hofmeyr as die hoogsanger), verhoë regoor die land aan die brand. Hy is ook later baskitaarspeler en agtergrondsanger vir Steve toe hy – kort op die hakke van sy sukses in die TV-reeks Agter Elke Man – op ‘n landwye toer vertrek.  Dit was ook Steve wat Ralph aangemoedig het om in 2006 die liedjies wat Steve self geskryf het, op te neem. Met die hulp van die produksieleier Andries Botha debuteer Ralph toe met die album Malpitmuti.

    top

    In 1991 is Ralph opgeroep vir nasionale diensplig.  In hierdie periode het hy opgetree as dromspeler in Peter Vincent se orkes. Peter het later ‘n paar van die liedjies wat hulle saam gedoen het, as solo-sanger opgeneem en kommersieel vrygestel.   Nadat Peter sy loopbaan as solokunstenaar begin volg het, het Ralph as hoofsanger oorgeneem in n drie-man groep genaamd “Reckless”.  Dié groep het baie korporatiewe en ander optredes landwyd gedoen. Ralph het ook in ‘n twee-man groep, saam met Paul Hughes , (vroeer kitaarspeler van Helicopters),  opgetree terwyl hy steeds van tyd-tot-tyd kitaarspeler vir Steve Hofmeyr was.

    Ander televisie optredes/onderhoude was op DKNT, Jukebox asook n onderhoude en ‘n optrede van Oë van my Kind saam met sy twee dogtertjies, Angelene(11) en Marlene(10) op Dis Hoe Dit Is met Steve, wat ongelooflik positief deur die publiek ontvang is. Hy het op Giteratti verskyn waar die vrystelling van sy album by die Liedjieboer opgeneem was. ‘n optrede by die Vonk toekennings was ook n groot hoogtepunt in sy loopbaan.

    top

    Eer oor sy nuwe album “Die Een”  dit bevat altesame 14 liedjies in Engels en Afrikaans; ‘n bruisende verskeidenheid van saamsing-treffers in ‘n pop- of rockstyl asook prag-ballades soos By My. Ralph se persoonlike gunsteling is Jy’s die Een – “my eerste werklike poging om self ‘n liedjie te skryf”. Hy is ook gek oor Sien jou staan, wat hy saam met sy goeie vriend Joe F geskryf het. “Dit is bedoel vir lekker langarm en sommer net saamsing.”

    Sy twee “prinsessies”, Angelene en Marlene, het ook hul deel gehad in sy tweede solo-album en sing saam met pappa die liedjie Oë van My Kind, ‘n liedjie wat reeds ongekende belangstelling op verskeie streeksradiostasies ontlok het.

    “Ek dink daar is ‘n liedjie op die CD vir ‘n ieder en ‘n elk. Van lekker rustig tot lekker dansliedjies. Daar is iets vir die romantiese dame of vir die man wat van sy rockkitare hou,” vertel die sanger-liedjieskrywer wat graag wil hê luisteraars moet besef “liefde is die wenner”.

    In die opname-ateljee is hy bygestaan deur die produksieleiers Rudi Massyn en Tertius Human. “Ek was bevoorreg om met die beste van die beste musikante op die CD te kan werk.” Hulle sluit in Mauritz Lotz (kitaar), Vinnie Henrico (tromme), Sailor (kitaar), Jasper van Rensburg (baskitaar), Andries Botha (kitaar), Human (kitaar), Massyn (kitaar en klavier), Hannes van der Walt (sang), Ezné Bosch (sang) en Andrew Roos (klavier).

    top

    Ralph is ‘n hoogs talentvolle sanger-musikant wat selfs sy stempel op ‘n goue oue soos Prince se Purple Rain of sy Afrikaanse opname van Robbie Williams se Angels kan afdruk. Die Een is sommer nie net nog ‘n nuwe doef-doef-CD op die Afrikaanse musiekrak nie. Dit is woema-album deur een van dié land se heel voorste poprockers!

    Hy het sopas n nuwe video vrygestel “Sien jou Staan” dit word gereeld op Kyknet Musiekkanaal uitgesaai en kry ook uitstekende reaksie van die publiek. Die bekende Vinnie Henrico (dromspeler) en Danny “Smoke” (kitaarspeler) is saam met hom in die video te sien. Die video “Sien jou staan” is gereeld  te sien op Kyknet.  En Ralph gaan binnekort  op Jukebox verskyn met sy nuwe video.   Die video van die liedjie  Oë van My Kind saam met sy 2 dogters kry ook gereelde televisietyd op Kyknet.

    Optredes en pers ondersteuning sluit in Aardklop, Innibos fees, Jansie Fees, Randfonteinskou, Middelburg wildsfees, Rafters Wildsfees, Liedjieboer, Firkin Centurion, Rafters en Rapsody’s .

    top

    Dis hoe dit is met Steve, Jukebox, DKNT, Glitterati Aardklop – verskeie optredes 2010, 201, 2012 Liedjieboer – verskeie optredes, Rapport, Randfonteinskou – Bevonkte Kuier skuur  Huisgenoot, Vroue Keur  Rekord,   Beeld, Dullstroom Hotel ,Eastrand Traders/  Montana Traders met Lisa Bronner CMR jaareindfunksie en skoolfunksie, Carnival City, optrede saam met Steve Hofmeyer,  Polokwane Lugmagbasis met Steve Hofmeyr, Maroela  Media, Tristan fonds  insameling, Vonk Musiek Toekennings, Barnyard Menlyn met Steve Hofmeyr

    Bevonkte Musiekfees- Boksburg 2010, 2011, Firkins Centurion met Steve Hofmeyr/Liza

    Firkins Centurion met  Pieter Smith/MDGreyling,  Mireica Dames tee  funksies

    Gatskop 40 Vertoning  te Liedjieboer , Innibos – Nelspruit,  Radio Rippel

    Bevonkte Musiekfees- Florries 2011, Kersieland Winter Piekniek met  Steve Hofmeyr , Roosfees, Stilfontein met Lance   James, Bobby Angel,  Casta Diva Akasia vertoning,   Middelburg Wildsfees 2012 en tree saam met skool koor op.     Bok –Radio,  Rafters Rockfees met Van Coke Kartel en  verskeie kunstenaars , Rapsody’s gereelde optredes,  Rafters Fondsinsameling met Gerhard Steyn & Andries  Botha,  Liedjieboer “Rock” aand met Pieter Smith & MD  Greyling  “Easter Rock Festivals” met Steve Hofmeyr, Radio Overvaal,  FAK Fees by Voortrekkermonument met Steve Hofmeyr, Radio Maroela-media, Ilalapalm Pub, Laerskool Elarduspark fondsinsameling met Hykie Berg. .  Cansa Shavathon.  “ Innit to winnit Charity show”.  Harties liefdadigheid  with Andries Botha.  Polo klub Gauteng & Durban.  Ghoema awards.

    Ralph  tree ook op by privaat funksies, troue, verjaarsdae, korporatiewe funksies

     


    Ralph Michielsen

    Ralph has been a keen musician since his eighth year when used every spare minute to practice in his bedroom on his first set of drums.  While at high school, he took leadership in forming what he today refers to as garage bands. The first band was called Hidden Camera.  The second one started off as B-Sharp and was subsequently renamed DUSK.

    It was in 1986 when DUSK was scouting for a lead vocalist that Ralph and his co-band members met the young Steve Hofmeyr who approached them to be auditioned for the job.  Steve joined DUSK – then consisting of six muzos.  The band took the pub and club scene in and around Pretoria by storm as it was fully booked weekend after weekend.

    From time to time Ralph and Steve performed on their own, with Ralph on bass guitar and backing vocals.  On occasion, he performed a few songs as soloist.  Ralph and Steve continued working as a two-man team and with a band, touring the country until Ralph was called up for National Service in 1991.  In this period Ralph and Steve developed a very close bond which to this day is an integral part of this duo’s lives.

    During his National Service he joined Peter Vincent’s band as drummer.  They recorded a couple of songs which Vincent released as solo artist.

    In 1993 Ralph had enough of the eternal search for a suitable vocalist and contracted a coach who worked with him on enhancing his own talent as a vocalist.  This led to the establishment of Reckless – a three-man band with a strong focus on corporate entertainment.

    top

    Just over a year ago, during one of their catch-up Sunday afternoon braais, Steve encouraged Ralph to record a demo of songs by Steve that he himself never recorded.  As a first step, he recorded Malpitmuti at Dreamtrax with Andries Botha.  Steve liked the work and included it on his DVD (Live at Carnival City and Superbowl).

    Ralph’s first CD, (Malpitmuti) is a mixture of Steve’s creations (five songs), his own work (one song), songs by his friends Lourens Bezuidenhout (two numbers) and Andries Botha (one song) and two cover songs.

    He approached Vonk Records and was signed up.

    He recently released the CD at a launch that was televised by Glitterati and did a performance sing Malpitmuti at the Vonk music awards at Carnival City.

    He also recently appeared on DKNT, Jukebox as well an interview and live playing of Oë van my Kind on Dis Hoe Dit Is Met Steve

    16th October 2013 was another big day in Ralph’s music journey when he released his new CD “Die een”.  This new CD contains a total of 14 songs in English and Afrikaans.   A variety of sing-along hits,  in pop or rock style and exquisite ballads like By My.

    Ralph’s personal favorite is “Jy is die een” – “my first real attempt to write my own  song.”  He also loves “Sien jou staan”, written by his good friend Joe F. This song  is meant for dancing and a great sing along song.

    top

    Sien jou staan’s video was released in November 2013 and is a hit on Kyknet music channel.  The famous Vinnie Henrico (drummer) and Danny “Smoke” (guitarist) shared their talents with Ralph on his video

    Another one of Ralph’s favourites is “ Sê my voel jy dit”  this song was first recorded by Ralph and written by Roux Cloete, for this album, “Die een”
    His two “princess”, Angelene and Marlene, also had their part in his second solo album, singing the song “Oë van my kind”, a song that are on various radio stations playlist.  They also enjoy performing this song at shows.
    “I think there’s a song on the CD for each and every one. Nice and quiet to great dance songs. There is something for the romantic lady and men that enjoy the sound of a rock guitar “said the singer-songwriter who wants listeners to realize ” love is a winner in all songs ”
    In the recording studio, he was assisted by the producers Rudi Massyn and Tertius Human. ”

    I was fortunate to have the best of the best musicians on the CD.” They include Mauritz Lotz (guitar), Vinnie Henrico (drums), Sailor (guitar), Jasper van Rensburg (bass), Andries Botha (guitar), Human (guitar), Massyn (guitar and piano), Hannes van der Walt (vocals), Ezné Bosch (vocals) and Andrew Rose (piano).
    Ralph is a highly talented singer-musician who enjoyed recording Prince’s Purple Rain and translated Robbie Williams’ Angels in Afrikaans.

    His new album is now available on itunes.

    top