Hoe voel Ralph oor "Die een"?


Ek glo altyd in mede opinies en het die liedjies vir mede kunstenaars en vriende gespeel en opinies gevra. ‘n Hele paar was my eie keuse daar is regtig ‘n paar liedjies op die album wat vir my oor die jare ongelooflik herinneringe terugbring.  En die album se naam is definitief nie per toeval “die een” nie!


Die inspirasie kom deur lewenservaring sou ek sê, en natuurlik is my kinders n groot inspirasie vir als wat ek doen!  Die liedjie “Oë van my kind” wat op my nuwe album is, (ek en my dogtertjies sing dit saam) verduidelik my inspirasie 100%.  “Woorde soos die is wat my aan die gang hou “In die oë van my kind, het ek rede gevind, rede vir als  wat ek is.  In die oë van my kind, maak my wêreld nou sin.  En dit voel of ek weer kan begin.”  Die liedjie is juis vir enige ouer wat net weer van voor af moet begin.


Ek dink daar is n liedjie op die CD vir n iedere en n elk… van lekker rustig luister tot lekker dans liedjies.  Vir die romantiese dame of die man wat van sy “rock kitare” hou.


Jys die een: : My eerste werkilke poging om self ‘n liedjie te skryf. Dit

Is natuurlik met die begaafde talente van Brandon Shaw wat die Melody en Musiek gedoen het en ek die lirieke.

Nog van die ander liedjies wat ek ook geniet om te sing en definitief baie aandag trek is :

Sien jou staan: Ek het my goeie vriend Joe F gevra om sy skryftalent bietjie te deel met my en toe kom hy op met hierdie liedjie…bedoel vir lekker langarm en sommer net saamsing! Dankie Joe…soos hul in Engels se: “Spot-on”

Liefdesliedjies  met n “rock” geurtjie aan…. Daar is wel ‘n ietsie vir elke luisteraar op die CD, Engels en Afrikaans.  En ook genoeg “ballades” wat ek ook regtig geniet om te sing