DIE EEN - Nuwe Album


    Ralph Michielsen liedjies geskryf deur:

    Jy is die een (Lirieke:Ralph Michielsen, Musiek:Brandon Shaw)
    Sê my voel jy dit (Roux Cloete)
    Sien jou staan (Joe F)
    By my(Roux Cloete)
    Wie is die een(Roux Cloete)
    Falling to pieces (Kobie Koen/J.J.Stephens/C.Kotze)
    In die Stilte (Roux Cloete)
    Purple Rain (Prince/”Universal Music Ltd”)
    Baby is jy vir my (Roux Cloete)
    Help (P.McCartney/J.Lennon/EMI Music Publishers Ltd/Sony Music”)
    Net ‘n droom (R.Cocciante/M.Luberti/H.Kooreneef/L.Driessen)
    Oë van my kind (Louwrens Bezuidenhout/ EMI Music Publishers Ltd)
    Engel en Angels (R. Williams/G. Chambers/”EMI Music Publishers Ltd/ BMG Music Publishing Ltd”)

    Ralph Michielsen album krediete:

    Opgeneem en vervaardig VPH Studios (011) 823 1771
    Produksie en verwerking Tertius Human
    DrommeVinnie Henrico

    KitareMauritz Lots(6,12)
    Tertius Human(1,3,4,5,9,14)
    Marnus Lourens(8,10)
    Sailor (11)
    Rudi Massyn (2,7)
    Andries Botha (13)

    Bas KitaarRalph Michielsen (1, 2, 3, 8, 9, 10, 11,14)

    Tertius Human (4,5,6,7,12)
    Jasper van Rensburg (13)

    KlavierAndrew Roos (8,11,12)
    Rudi Massyn (7,9,10,14)

    SaxophoneKarin Groenewald(8)
    Agtergrond stemmeHannes van der Walt

    Ralph Michielsen
    Ezne Bosch(6,7,8,9,11,14)
    Andries Botha(13)

    Addisionele ProgrammeringTertius Human
    Omslag ontwerpattooh!Creative
    Ralph Michielsen inligting:

    Website www.ralphm.co.za
    Facebook facebook.com/ralphmichielsen
    Twitter @ralphmichielsen
    Besprekings rm@vodamail.com

    top



    Ek glo altyd in mede opinies en het die liedjies vir mede kunstenaars en vriende gespeel en opinies gevra. ‘n Hele paar was my eie keuse daar is regtig ‘n paar liedjies op die album wat vir my oor die jare ongelooflik herinneringe terugbring.  En die album se naam is definitief nie per toeval “die een” nie!


    Die inspirasie kom deur lewenservaring sou ek sê, en natuurlik is my kinders n groot inspirasie vir als wat ek doen!  Die liedjie “Oë van my kind” wat op my nuwe album is, (ek en my dogtertjies sing dit saam) verduidelik my inspirasie 100%.  “Woorde soos die is wat my aan die gang hou “In die oë van my kind, het ek rede gevind, rede vir als  wat ek is.  In die oë van my kind, maak my wêreld nou sin.  En dit voel of ek weer kan begin.”  Die liedjie is juis vir enige ouer wat net weer van voor af moet begin.


    Ek dink daar is n liedjie op die CD vir n iedere en n elk… van lekker rustig luister tot lekker dans liedjies.  Vir die romantiese dame of die man wat van sy “rock kitare” hou.


    Jys die een: : My eerste werkilke poging om self ‘n liedjie te skryf. Dit

    Is natuurlik met die begaafde talente van Brandon Shaw wat die Melody en Musiek gedoen het en ek die lirieke.

    Nog van die ander liedjies wat ek ook geniet om te sing en definitief baie aandag trek is :

    Sien jou staan: Ek het my goeie vriend Joe F gevra om sy skryftalent bietjie te deel met my en toe kom hy op met hierdie liedjie…bedoel vir lekker langarm en sommer net saamsing! Dankie Joe…soos hul in Engels se: “Spot-on”

    Liefdesliedjies  met n “rock” geurtjie aan…. Daar is wel ‘n ietsie vir elke luisteraar op die CD, Engels en Afrikaans.  En ook genoeg “ballades” wat ek ook regtig geniet om te sing



    My album bekendstelling was ‘n onvergeetlike aand. My  Laringitis –stem kon my nie eers keer om my alles te gegee het nie. So ‘n aand kon nie moontlik gewees het sonder om verskeie mense te bedank nie.

    Hierdie is die moeilike deel om in woorde te kan sit, maar ek sal probeer  omdat mense moet weet hoe ek voel!  Die feit dat die belangrikste ding op aarde is al die ongelooflike vriende wat ek het wat so in my vertrou, bereid is om my te help sonder voorwaardes of verwagtinge!

    Die Andre en Romy span, my ongelooflike familie: Moeks en Pa, Marielle en Tim, Chanee en Thomas, Ronan en Frank, en natuurlik Henk my vriend vir ewig, Steve en Janine, Lydia Wynchester, Kobie Koen, Tersius, Leon, Wouter, Nicolene, Lebo en die hele span van attooh! creative en attooh!

    Hennie en Elise hoe sê ‘n mens dankie, julle is net altyd bereidwillig om my te help by Liedjieboer.  Julle is awesome!

    top

    Anton en Vanessa Schmidt dankie vir julle ondersteuning en jou spesiale bydrae om ‘n esktra verrassing – waar jy oë van my kind in ‘n gedig voorgelees het….. Anton jou passie waarmee jy dinge aanpak inspireer my.

    ‘n Baie spesiale dankie aan – Lizelle van attooh! creative vir die “event” wat suksesvol gereel was.

    Angelene, Marlene, Jaydene en Brendon dankie vir julle opgewondenheid en my verrassing met julle “branded” die een klere.  Henja Schaap dankie vir die hulp met die kinders se klere!

    Sjoe dankie vir almal wat springmielies by die kinders gekoop het met jul hulp het ons regtig ‘n rekord verkope gehad van my nuwe CD.

    About my CD Launch and the band….What can I say?

    Paul Hughes and Nick Matzukis and everyone at AVL Productions.  Paul and Nick, as the typical statement says there are simply no words to express my gratitude to work with such professional people.  And the best of it all I am privileged enough to call you true friends

    top

    Thank you very much for the unbelievable commitment and professionalism!  Thanks for the sound, lighting and just for making tonight special. I’ve worked with both of you for over 15 years and your true friendship is very special to me! Thank you guys!

    It brings back amazing memories to share a stage with you tonight! The rockers of the 80’s, celebrating my new album in 2012!  A night to remember.

    MD Greyling: My goeie vriend wat net so bereid was sonder huiwering om deel te wees van hierdie launch. Jou talent en goedheid is ongelooflik – Dankie my mater!  Denise dankie dat jy jou manlief met ons mede-kunstenaars deel.

    Errol Miller: “Thank you bru for the willingness to help out as always!”

    Garth “Victor”: Garth thank you so much for your help and professionalism!

    Sailor – jy bly maar ‘n rockstar dude….. ! Dankie vir jou bydrae met “Help”

    Jy’s die een: : My eerste werkilke poging om self n liedjie te skryf. Dit natuurlik met die begaafde talente van Brandon Shaw wat die Melody en Musiek gedoen het en ek die lirieke.

    Sien jou staan: Ek het my goeie vriend Joe F gevra om sy skryftalent bietjie met my  te deel en toe kom hy op met hierdie liedjie…bedoel vir lekker langarm en sommer net saamsing! Dankie Joe…soos hul in Engels se: “Spot-on”

    Oë van my kind: Vanselsprekende redes maar ook omdat streeks radio stasis my ingelig dat dit weer n belangstelling getoon het en gereeld navrae ontvang. Daai liedjie het betekenisse vir elke ouer, Ouma, Oupa en

    familielid!

    top

    Angels: Ek is seker een van die grootste “Fans” van Robbie Williams en die reaksie by vertonings vir hierdie liedjie was nog altyd fantasties. Luister ook my afrikaanse weergawe vertaal deur myself.

    Sê my voel jy dit – geskryf vir my deur Roux Cloete – sodra ek die liedjie sing begin die voete “jeuk” om lekker te dans….! Dankie Roux jy het ‘n wen liedjie hier geskryf.

    Engel: omdat hy so populêr is het ek nog altyd die gevoel gehad dat n Afrikaanse weergawe sal baie goed werk en as ek na die reaksie kyk by optredes is dit n feit!  Ek het self die vertaling gedoen en alhoewel dit nie die boodskap presies is van die oorspronklike liedjie nie, het dit lekker gewerk!

    Help: Ek het al vir soveel jare hierdie Balade weergawe van die beroemde Beatles liedjie by optredes gedoen met my mede kitaarspeler en spesiale vriend,  Sailor, wat dit so ongelooflik goed speel, dat ek besluit het om dit op te neem. Die kitaar werk is deur hom gedoen en die nostalgievlak daarvan was ‘n  goed genoeg rede om dit te doen

    Falling to pieces:  Ek glo in hierdie liedjie en weet dit is ‘n liedjie wat uit die hart kom en mense gaan raak!  Dankie Kobie en medeskrywers vir hierdie meester stuk.  Ek wil sover gaan om te se “watch the space|

    Purple Rain – oor die jare is die liedjie altyd ‘n wenner vir oud en jonk, en my ondersteuners het my geinspireer om dit op te neem vir “die een”

    My inspirasie…..

    My totale rede vir alles wat ek doen is my Angelene en Marlene! Hierdie hele CD is opgedra en geinspireer deur julle twee Prinsessies.  Dankie vir julle tweetjies wat altyd bereid is om saam te sing, lank te wag backstage en in Daddy te glo.

    Sonder dat julle dit weet is julle onvoorwaardelike liefde en geloof in my, alles vir my!!!  Ek is vir julle twee ongelooflik lief en dankbaar dat ek julle in my lewe het!

    My motivering elke keer as ek sing is die mense wat in my as mens en my musiek glo.  Dankie vir julle kommentaar op my facebook, my “likes” julle ondersteuning is ongelooflik.

    top