NOU op Itunes

Die een
Ralph Michieslsen - Die een
Ralph is ‘n hoogs talentvolle sanger-musikant wat selfs sy stempel op ‘n goue oue soos Prince se Purple Rain of sy Afrikaanse opname van Robbie Williams se Angels kan afdruk. Die Een is sommer nie net nog ‘n nuwe doef-doef-CD op die Afrikaanse musiekrak nie. “Ek dink daar is ‘n liedjie op die CD vir ‘n ieder en ‘n elk. Van lekker rustig tot lekker dansliedjies. Daar is iets vir die romantiese dame of vir die man wat van sy rockkitare hou,” vertel die sanger-liedjieskrywer wat graag wil hê luisteraars moet besef “liefde is ‘n wenner”.
Malpitmuti
Ralph Michielsen - Malpitmuti
Steve het Ralph aangemoedig in 2006 om die liedjies wat hy self geskryf het, op te neem. Met die hulp van die produksieleier Andries Botha debuteer Ralph toe met die album Malpitmuti.