Meer oor Ralph

 

Een van Suid-Afrikaanse musiek se “pioniers”, ‘n “dromspeler” en baskitaarspeler wat al die afgelope bykans dertig jaar sy merk gemaak het. En nou, as solokunstenaar, is Ralph Michielsen oorgehaal om die treffersparades met sy poprock-album, Die Een, te bestorm. Ralph het al op agtjarige ouderdom begin dromme speel. Op 18 jaar het hy begin sing en baskitaar speel. In die jare 80’s het hy en sy orkes, B-Sharp (later DUSK met Steve Hofmeyr as die hoofsanger) opgetree.

Dit was ook Steve wat Ralph aangemoedig het om in 2006 die liedjies wat hy self geskryf het, op te neem. Met die hulp van die produksieleier Andries Botha debuteer Ralph toe met die album Malpitmuti. Ralph se 2de album “Die Een” bevat altesame 14 liedjies in Engels en Afrikaans; ‘n bruisende verskeidenheid van saamsing-treffers in ‘n pop- of rockstyl asook prag-ballades  “Dit is bedoel vir lekker langarm en sommer net saamsing.”